Mikrostruktuur

Metallografie laat die metallurg toe om die mikrostruktuur van metale te bestudeer.
'n Mikrofoto van brons wat 'n gegote dendritiese struktuur toon
Al-Si mikrostruktuur

Mikrostruktuur is die baie kleinskaalse struktuur van 'n materiaal, gedefinieer as die struktuur van 'n voorbereide oppervlak van materiaal soos waargeneem met 'n optiese mikroskoop bo 25× vergroting.[1] Die mikrostruktuur van 'n materiaal (soos metale, polimere, keramiek of komposiete)kan fisiese eienskappe soos sterkte, taaiheid, rekbaarheid, hardheid, korrosiebestandheid, hoë/lae temperatuurgedrag of slytweerstand sterk beïnvloed. Hierdie eienskappe bepaal op hul beurt die toepassing van hierdie materiale in die praktyk.

Mikrostruktuur op skale wat kleiner is as wat met optiese mikroskope gesien kan word, word dikwels nanostruktuur genoem, terwyl die struktuur waarin individuele atome gerangskik is, bekend staan as die kristalstruktuur . Die nanostruktuur van biologiese monsters word ultrastruktuur genoem. 'n Mikrostruktuur se invloed op die meganiese en fisiese eienskappe van 'n materiaal word hoofsaaklik beheer deur die verskillende defekte teenwoordig of afwesig in die struktuur. Hierdie defekte kan baie vorme aanneem, maar die belangrikstes is porieë. Alhoewel porieë 'n baie belangrike rol speel in die bepaling van die eienskappe van 'n materiaal, is die samestelling van die material ook belangrik. Trouens, vir baie materiale kan verskillende fases gelyktydig bestaan. Hierdie fases het verskillende eienskappe en as dit reg bestuur word, kan dit faling van die materiaal voorkom.

  1. Adapted from ASM Metals Handbook, Ninth Edition, v. 9, "Metallography and Microstructures", American Society for Metals, Metals Park, OH, 1985, p. 12.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search